Huisgenoot

OEKRAÏNE ONDER BELEG

DIE tonele wat op foto’s en in video’s oor die wêreld heen flits, is om van te huil. Dis ondenkbaar; onwerklik. Dis oorlog.

En dit is weer burgerlikes wat boet; doodgewone mense wie se lewe oornag ontspoor het weens die gewetenlose besluite van ’n magsugtige tiran.

In ’n ondergrondse skuiling wat tydelik as kinderhospitaal ingerig is, hou dokters babas beskermend in hul arms vas. Buite, in die verlate strate van die stad, dreun die vallende missiele en bomme soos demoniese tromslae.

Dit lyk soos ’n toneel uit die verwoeste Siriese stad Aleppo, of dalk Iran, Afghanistan, Beiroet of Tsjetsjnië. Maar dis die Oekraïense stad Dnipro, en dis dag 5 van Wladimir Poetin se oorlog teen die buurland wie se bestaan hy misken. Steeds is daar geen einde in sig nie.

Omstreeks vyfuur die oggend van 24 Februarie is mense in die stede van Oekraïne gewek deur die eerste Russiese lugaanvalle – en die vreesaanjaende wete dat die dreigemente van die onvoorspelbare Russiese leier in die Kremlin geen blufspeletjie was nie.

Een van die eerste gesigte van dié wrede geweld teen onskuldige

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related