Huisgenoot

VLUG NA VEILIGHEID

DIS ’n skynbaar eindelose rivier van lyding en ellende wat uit Oekraïne vloei. Gesinne wat in twee geskeur word omdat die mans moet agterbly om te veg terwyl hul vrou en kinders oor die grens vlug; verswakte bejaardes wat gedra moet word – alles om weg te kom van die Russiese missiele en bomme wat geen onderskeid tref tussen militêre teikens, woonhuise, hospitale en skole nie.

Terwyl duisende Oekraïners die afgelope tyd in moltreinstasies en ander afgeleë plekke probeer skuil, het meer as 2 miljoen mense reeds teen dag 14 van Wladimir Poetin se wrede oorlog in ysige winterweer na buurlande soos Pole, Roemenië en Moldowa gestroom.

Volgens die Verenigde Nasies is dit die vlugtelingkrisis in Europa wat die vinnigste groei sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Party vlugtelinge se huise en lewens is reeds in puin, ander weet nie of daar iets sal wees om na toe terug te keer wanneer vrede eindelik weer wink nie.

By die grense aangekom, strompel die verwese skares moeg, honger en verkluim na ’n vreemde bodem en ’n onsekere toekoms. Die meeste het net ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related