Weg! Platteland

Superkosse 10 soorte wat jy sélf kan kweek

My reis op pad na gesonder eetgewoontes het 25 jaar gelede begin toe ek my eie kruie, groente en vrugte begin kweek het deur van natuurlike en volhoubare metodes gebruik te maak.

Die lesse wat ek geleer het, het ook te doen gehad met my gesondheid en welstand. Namate ek meer bewus geraak het van hoe belangrik voordelige mikro-organismes in die tuin is – en hoe verwoestend pesdoders en chemiese stowwe – het ek ook begin wonder oor die byvoegings en preserveermiddels in kos en wat ek in my liggaam sit. Ek het begin bevraagteken waar kos vandaan kom en hoe dit gemaak is.

Ek het begin verstaan hoe gesondheid onmiskenbaar verband hou met wat ons eet. Net soos gesonde, vrugbare grond sterk en voedsame plante voortbring, is ’n gebalanseerde en voedsame dieet die grondslag vir ’n gesonde liggaam en lewenskragtige immuunstelsel. Die eerste stap om ons gewoontes te verander wat siektes en kwale kan veroorsaak, is om beter te dink oor wat ons eet.

Een van die baie dinge wat ek geleer het deur my eie kos te kweek en gaar te maak is hoe belangrik balans is. Suksesvolle groenteverbouing maak staat op ’n ekwilibrium – tussen voordelige en nie-voordelige insekte, te veel of te min vog in kos, en oorgroeide beddings of net die regte spasiëring vir optimale ontwikkeling.

Vir gesonde eetgewoontes is dié balans ewe deurslaggewend. Ons hoéf nie iets elke dag te eet bloot omdat almal skielik gaande is oor die jongste fantastiese superkos nie. Die geheim van gesonde eetgewoontes is om die regte hoeveelhede van ’n groot verskeidenheid voedsame kosse te eet.

Jane’s Delicious Superfoods for Super Health spog met meer as 150 voedingsryke kosse – groente, graansoorte, sade, kruie, peulgewasse, neute, speserye, sampioene en vrugte – wat ons immuunstelsel ’n hupstoot gee, ons gesondheid verbeter en die risiko vir siektes verlaag.

1 Eiervrug (Solanum melongena)

Die eiervrug, wat 4 000

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Tuindagboek
Die kunstenaar Astrid Blumer is gek oor die detail, organiese vorms en lyne en lewendige kleure van plante en sê dit inspireer haar in elke opsig. Hoe sou jy jou styl beskryf? My kuns weerspieël my diepe verbintenis tot die wêreld rondom my. Ek verke
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related