Landbouweekblad

Skaalekonomie ’n werklikheid, maar skep probleme

In sy Essential food pricing monitoring van Augustus 2021 kom die Mededingingskommissie tot die slotsom dat die waardeketting van die Suid-Afrikaanse kommersiële landbou ’n kommerwekkende afname in die deelname van boere toon, met ’n gepaardgaande toename in die vlakke van konsentrasie van voedselproduksie se in- en uitsetverskaffers.

Die verslag toon as stawing aan dat die getal melkboere van 2007 tot 2021 met 73% gedaal het. In 2007 was daar nog 3 899 melkboere in Suid-Afrika, maar dit het nou tot 1 053 gedaal.

Dit dui daarop dat die voedselwaardeketting hoogs geïndustrialiseerd raak en dat primêre produksie gekenmerk word deur toenemende kommersialisering in grootskaalse boerderye én dat insetverskaffing, asook die verwerking van landbouprodukte, ook toenemend in groter wordende nywerhede saamgevoeg word.

Hierdie neiging kan kleiner boere se winsmarges al hoe meer onder druk plaas omdat boere stroomop én stroomaf prysnemers, en nie prysmakers nie, van insette én uitsette is. Die sakefilosofie van “groot skaal of niks” het volgens die Mededingingskommissie reeds die deelname van kleiner boere in die voedselwaardeketting

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad5 min read
Só Kan Boere Tot Die Wetenskap Bydra
Dit is asof die wêreld nou eers besef hoe belangrik boere se waarnemings van die natuur vir die hele aarde se biodiversiteitbalans is, en wetenskaplikes druk skaamteloos op die landbousektor se knoppie vir hulp. Die nasionale verslag oor die status e
Landbouweekblad3 min read
Wetsontwerp Oor Klimaat Amper Op Wetboek
DIE wetsontwerp sal binnekort wet word wanneer pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken. “Klimaatsverandering is hier om te bly en ons het betreklik min tyd om daarop te reageer. Die wetsontwerp bemagtig ons om op die gepaste skaal en teen die regte spoe

Related