Avontuur Afrika

Die storie van Pretorius se Koppie

‘NOu Hollander wat ons op een van ons landreise raak gekuier het, het die stelling gemaak dat Suid-Afrika se kort geskiedenis sekerlik van die maklikstes is om oor op te lees, aangesien meeste daarvan redelik akkuraat in joernale en boeke opgeteken is. Dit beteken egter nie dat dit nie ook propvol kontroversie is nie. Een van hierdie voorbeelde is juis dié van Pretoriuskop in die Nasionale Krugerwildtuin.

Volgens legende het die ou Transvaalse goewerment (oftewel regering) van die 1800s ‘n obsessie daarmee gehad om ‘n handelsroete van Lydenburg, na Delagoabaai (vandag bekend as Maputo) te uit te lê. Dit sou totale onafhanklikheid van die Britse regering verseker.

Gerugte dat die Portugeus Joâo Albasini ‘n roete ontdek het, het ‘n feitevindingekspedisie onder leiding van J van Rensburg van stapel gestuur. Onder die verkenningsreisigers was ‘n jongman met die naam Willem Pretorius. Op pad na Delegoabaai, naby Skipberg, het jong Willem malaria opgedoen en ernstig siek geword.

Daar is besluit dat hy eerder moes terugkeer Ohrigstad toe met twee Shangaan manne wat hom moes vergesel. Die koors het egter die jongman oorweldig en hy het in die bos naby ‘n koppie, onder ‘n maroelaboom, gesterf. Die twee Shangaans het toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika5 min read
Groentjies Gaan Groot
Dis ‘n uitdaging vir diegene wat gaan en ‘n droom vir diegene wat agterbly. Dit is wat Thierry Sabine – wat die idee vir die die Dakar-tydren in 1977 gekry het toe hy tydens die Abidjan-Nice-tydren op sy motorfiets in die Libiese woestyn verdwaal het
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid

Related