Huisgenoot

REBELPRINSES SE LEWE IN ’N SIRKUS-WOONWA

SY IS een van die kleurrykste, enigmatiesste en mees omstrede lede van Europa se glansrykste koninklike familie.

Prinses Stephanie word gereeld by swierige geleenthede in Monaco – dikwels saam met haar kinders – gewaar, maar dis gewoonlik ousus Caroline en ouboet Albert wat die kollig steel.

Maar ’n onlangse onderhoud met haar oudste kind, Pauline Ducruet (27), het meer lig gewerp op die binnelewe van die eens rebelse prinses Stephanie, die dogter wat haar pa destyds grys hare gegee het oor haar gewoonte om met niekoninklike karakters deurmekaar te raak en wat ’n skynbaar bekoorde maar ook tragiese bestaan gevoer het.

Pauline het vertel van haar ongewone kinderjare toe sy in ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related