Huisgenoot

VULLENDE VLEIS

KERRIEKLAPPERVARKKEBABS

As jy van ’n vleisgereg met ’n bietjie byt hou, is dié kebabs met tabasco so reg in jou kraal.

LEWER 6 KEBABS

BEREIDING: 10 MIN.

MARINEER: 1 UUR

GAARMAAK: 25 MIN.

◗ 400 ml klappermelk
◗ 45 ml (3 e) sojasous
◗ 5-10 ml (1-2 t) tabascosous na smaak
◗ 15 ml (1 e) bruinsuiker
◗ 5 ml (1 t) sout
◗ 2,5 ml (½ t) fyn witpeper
◗ 5 ml (1 t) masala
◗ 150 ml kondensmelk, yskoud
◗ 1 kg varkboud of -blad, in 3 cm-blokkies gesny
◗ 12 repies streepspek
◗ 30 ml (2 e) suurlemoen-envinkelsout (sien resep regs)

1 Bring die klappermelk, soja- en tabascosous, bruinsuiker, sout, peper en masala tot kookpunt en laat kook 10 min. sodat die geure kan ontwikkel.

2 Verwyder van die hitte, giet in ’n glasbak en voeg die koue kondensmelk by. Roer goed deur en laat afkoel tot kamertemperatuur. Week intussen 6 kebabstokkies in koue water.

3 Giet die klappermelkmengsel oor die vleisblokkies en laat 1 uur marineer.

4 Ryg die vleis met die repies spek tussendeur geweef aan die geweekte stokkies.

5 Rooster 15 min. oor die kole of tot gaar en draai die stokkies gereeld. (Ek verkies dit om kebabs in ’n toeknyprooster gaar te maak.) Geur met die suurlemoen-en-vinkelsout en sit voor saam met ’n lekker slaai.

SUURLEMOEN-ENVINKELSOUT

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related