Weg!

Slenter langs jou eie strand

Uitgestrek tussen Denel se Overberg-toetsterrein en die Breederiviermonding lê die 34 000 ha van die De Hoop-natuurreservaat. Met sy grense wat boonop 5 km see-in strek, is dit een van die grootste mariene bewaringsgebiede in Afrika.

Besoekers word egter nie sommer oral op hierdie kosbare stuk kusgrond toegelaat nie, maar as stapper op die Walvisroete is ál die hoogtepunte jou beskore.

DAG 1 15,5 KM

Potberg na Cupidoskraal

Groot skaduwees skuif tussen ons en die oggendsonnetjie in. Ek kyk op na waar ’n eskader voëls bo ons rondsweef, elkeen se vlerkspan meer as twee meter. Toe Mulisa Nekhavhambe, De Hoop se toerismeskakelbeampte, ons met gisteraand se inligtingsessie vertel dat Potberg die tuiste van een van Suid-Afrika se grootste kransaasvoëlkolonies is, was ek beïndruk. Hy’ t ook genoem dat daar na raming sowat 300 vryvlieënde voëls is, wat my laat glo het dat ons sekerlik darem ’n paar te sien sou kry. Maar om só naby aan hulle te kom… dít was ek nie te wagte nie!

Buiten die span wat moeiteloos op die lugstrome speel, is daar nog ’n klomp ingeryg op die hoogste rotse van Potberg se kliprand. Hulle lyk min gepla, dalk eerder nuuskierig oor ons teenwoordigheid. In die kloof onder ons sweef nog ’n stuk of twintig rond. Ek is egter effe bekommerd oor die drie wat reg bo Shaen Adey en Barbara Futter bly sirkel terwyl hulle die bult uitswoeg!

Ons is maar nog net

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va
Weg7 min read
Toe Glad Nie Rustig Nie…
“Julle gaan rustig in Magaliesberg stap? Daai roetes is alles behalwe rustig!” hoor ek by talle mense wat hierdie omgewing goed ken. Een van hulle is my vriendin, Melanie van Zyl. Sy het die boodskap wat haar op ons avontuur saamnooi, effens verkeerd
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld

Related