Huisgenoot

’N LAND WAT OORKOOK

HUISGENOOT DEK DIE LANDSWYE

DIT is ’n toneel wat skokgolwe tot in die buiteland gestuur het en wat nie een van ons in Suid-Afrika ooit sal vergeet nie: ’n foto van ’n kleuter wat uit ’n brandende gebou gegooi word, met die uitgestrekte arms van vreemdelinge wat gereed staan om haar te vang.

Dié beeld sal ons bybly van die week toe Suid-Afrika geplunder is; die week toe die land gebrand het.

Dit is tekenend van die afgryse en vrees waarmee miljoene Suid-Afrikaners gevul is toe duisende mense grootskaalse chaos gesaai het, maar ook van die hoop wat weer verrys het toe gewone Suid-Afrikaners ingespring het om mekaar by te staan en die letsels van die skrikwekkende vernietiging saam op te ruim.

Wanneer Naledi Manyoni (26) terugdink aan die oomblik toe sy haar babadogtertjie op Dinsdag 13 Julie by ’n brandende gebou in Durban moes uitgooi om haar lewe te red, voel sy net dankbaarheid vir die mense wat haar bygestaan het in haar donkerste oomblik.

“Ek kon aan niks anders dink as om my baba se lewe te red nie,” sê sy. “Ons het rook ingeasem en kon hoor hoe dinge rondom ons ontplof. Daar was nie tyd om enigiets te deurdink nie – ek het haar net in die lug gegooi en gehoop iemand sal haar vang.”

As die mense buite die brandende winkelgebou en City Life Pearl Towers-woonkompleks in Smithstraat in Durban die dogtertjie nie gevang het nie, was die tweejarige Melokuhle dalk nóg ’n deel van die skrikwekkende statistieke.

Teen druktyd is 212 mense dood, honderde winkels, ondernemings en pakhuise geplunder of verbrand, en miljarde rande se skade aangerig nadat protesoptogte teen die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma en sy tronkstraf oorgespoel het in gewelddadige plundertogte in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Naledi se verloofde, Simthembile Matomane, was nie tuis in hul woonstel op die 16de verdieping van die gebou toe oproeriges ’n brand in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related