Landbouweekblad

Fopvleis flous nie die verbruiker

Die mensdom se eetlus is besig om die aarde oor sy planetêre grense te druk, terwyl dit terselfdertyd ook ’n gesondheidsrisiko skep. Die mens én die planeet se voortbestaan word daardeur bedreig. Gesonde diëte wat deur ’n volhoubare voedselstelsel verskaf kan word, is dus ’n dringende vereiste vir die groeiende bevolking wat teen 2050 10 miljard kan bereik.

In ’n verslag wat in Januarie 2019 uitgereik is, “Food in the Anthropocene: The EAT-Lancet Commission on healthy diets from sustainable food systems”, het 19 kommissarisse en 18 mede-outeurs van 16 lande vanuit verskeie velde, soos gesondheid, die landbou, politiek, voeding, ekonomie en omgewingstudies, gesamentlik ’n stel wetenskaplik bepaalde teikens vasgelê om as riglyn vir produsente, verbruikers én beleidsmakers te dien.

Daarmee kan ’n voedselstelsel geskep word wat die mens én die planeet se gesondheid sal verbeter. Kortweg is dit die Lancet-verslag.

Die opstellers van die verslag meen dat die wêreldwye aanvaarding van hul aanbevelings die inname van die meeste voedselsoorte oor ’n breë spektrum sal verbeter. Hulle sê dat dit tot ’n drastiese afname in kweekhuisgasvrystellings en dieetverwante sterftes sal lei. Hul modelle dui aan dat premature sterftes met tot 11,6 miljoen per jaar kan daal en dat volwasse sterftes met tot 24% kan afneem. Die dieet verskyn in die TABEL .

Die verslag maak steeds plek vir rooivleis in sy wêreldwye volhoubare spyskaart, maar in drasties verminderde hoeveelhede.

Die dieet laat rofweg toe vir een eetlepel rooivleis per dag. Dit is die ekwivalent van een fatsoenlike hamburger per week of een

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030, web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad5 min read
Geringe Steun Stuit Geensins SA Boere
Dit is ’n feit dat regerings die landbou ondersteun en dat dié ondersteuning in baie lande nie juis afneem nie. Die sekretariaat van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) doen gereeld navorsing oor landboubeleide en staats

Related