Huisgenoot

ENTSTOWWE & VARIANTE

ONS land is nou al sowat 18 maande in die greep van die coronakrisis – maar nou met die gevreesde derde vlaag van covid-infeksies in volle swang reg oor die land is die gevaar en dodetal groter as ooit tevore.

Die hoogs aansteeklike deltavariant van die virus, met die kode B.1.617.2, is die dodelike stormwind wat infeksies soos wegholbrande aandryf. Einde Junie is sowat 18 000 nuwe covid-gevalle per dag in die land aangemeld. Ons totale covid-sterftesyfer is al oor die 63 000.

In Gauteng – kort voor Huisgenoot se druktyd nog die hardste getref deur die derde vlaag – is daar al ’n hele ruk te min hospitaalbeddens en sal baie siekes in die voorsienbare toekoms steeds tuis teen covid moet stry.

Die een ligpunt in hierdie duisternis is dat Suid-Afrika se inentingsveldtog, wat so pynlik stadig uit die wegspringblokke gekom het, blykbaar eindelik besig is om spoed op te tel. Hoewel nog heeltemal te min Suid-Afrikaners reeds die prik van hoop aan hul arm gevoel het, begin die wiele vinniger draai.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Kalligrafie
Korrek. Kállos beteken skoonheid, en graphein beteken om te skryf. Kalligrafie is die kuns van skryf met sierletters. Dis hoe lank die dokument is waarop die amptelike rekord van koning Charles se kroning gedruk is. Die handgeskrewe dokument is vir d
Huisgenoot4 min read
Skietgebede En ’n Plakkaat
TOE ek klein was, het ons radio geluister tot die batterye opgeraak het. In Nyandeni, waar ek grootgeword het, het hulle eers in die 2000’s elektrisiteit begin insit. Dit was soos toorkuns vir ons. Ons het nie eens ’n TV gehad nie. Baie mense het ges
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,

Related