Huisgenoot

EKSOTIES MET SAMPIOENE

GEURIGE SAMPIOENSTROGANOFF

Heel, grofgekap of in skyfies gesny – knopiesampioene is die veelsydigste van al die sampioene. Ons gebruik dit in ’n romerige stroganoff gegeur met mosterd, witpeper en paprika.

GENOEG VIR 4-6 MENSE

BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 35-40 MIN.

250 g knopiesampioene
300-350 g bees- of volstruisfilet, in repies gesny
sout en vars gemaalde peper
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
2 uie, in kwarte gesny en die lobbe van mekaar afgebreek
60 ml (¼ k) witwyn (opsioneel)
15 ml (1 e) meel
250 ml (1 k) room of suurroom
15 ml (1 e) Dijonmosterd
2,5 ml (½ t) elk witpeper en paprika
1 groen soetrissie, in stukke gesny

VIR VOORSIT

gaar pasta van jou keuse
vars pietersielie

1 Sny die groter sampioene rofweg in stukke en hou die kleiner sampioene heel. Geur die vleisrepies met die sout en peper.

2 Verhit die olie in ’n diep pan en braai die vleisrepies in sarsies tot geseël aan albei kante. Skep uit en hou eenkant.

Smelt die botter in dieselfde pan en braai die uie tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related