Huisgenoot

HARRY & MEGHAN SE GROOT SAK PATATS

ONS is ’n onderhoud beloof so openhartig en reguit dat dit Buckinghampaleis tot in sy fondament gaan skud, skokgolwe deur die wêreld sal stuur en koninklike aanhangers na hul asem sal laat snak.

En Oprah Winfrey het woord gehou met die grootste scoop van haar glansryke loopbaan. Twee uur lank het sy een van die beroemdste en mees omstrede pare ter wêreld sover gekry om die een sappige brokkie inligting ná die ander met haar en miljoene kykers in meer as 100 lande te deel. Ja, haar televisieonderhoud met prins Harry en Meghan Markle hét toe die fondament van die koningshuis geskud soos almal verwag het.

Meghan het onder meer verklap dat sy en Harry drie dae voor die skouspelagtige troue stilletjie getroud is. Sy het ook gebieg dat sy as Amerikaner naïef was oor die koninklikes – dat dit iets was waaroor sy net in sprokiesverhale gelees het. En toe het die wrede werklikheid haar so ontnugter dat dit haar byna na selfmoord gedryf het… Harry het op sy beurt geskimp dat Meghan haar so goed van haar taak gekwyt het dat ander koninklikes skoon jaloers geraak het.

Geen steen is onaangeroer gelaat nie; min onderwerpe was taboe. En of jy nou versot is op Meghan en Harry of hulle nie kan verdra nie, dit was boeiende kykstof.

Die onderhoud, wat in die tuin van Oprah se beste vriendin, Gayle King, se huis in Kalifornië verfilm is, het alles gedek – die hoogte- en laagtepunte en skokke van Meghan se kort tydjie as werkende koninklike, en hoe Harry wou ontvlug uit ’n lewe wat vir hom versmorend was.

DIE HOOGTEPUNTE

Al voor die televisietroue getroud

Een van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related