Weg!

Karkloof laat jou speke sing

Jy hoef nie ’n aardrykskunde-vasvra-kampioen te wees om te weet dat ’n omgewing met hoë berge die beste bergfietspaaie sal opdis nie.

In Suid-Afrika is KwaZulu-Natal (KZN) seker dié landskap waarna jy soek as dit by bergspitse kom, met die Drakensberg ons land se rotskruin-meesterstuk. Tog is die Piesangboere se groot fietsry-aantrekking nie die Drakensberg se eie spitse nie, maar iets baie laer.

Soos die Drakensbergreeks afplat en ’n skakeling heuwels vorm wat oor sowat 77 km strek, Greytown se kant toe, omarm dit ’n boerdery- en ’n bewaringsgebied met uitstekende grondpad- en bergfiets-geleenthede.

Net noord van die rustige Howick is daar ’n skatkis van grondpaaie en enkelspoor-woudroetes in die Karkloofvallei. Vir die Hoëvelders wat graag ’n bietjie minder agter hul leefstyl-ontwikkelings se mure en meer tussen die bome wil ry, met ’n suiwer gevoel van genesende afsondering wat diep woude

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related