Huisgenoot

MY LESSE VIR SUKSES

DIE gesig in die hysbak se groot spieël het moeg gelyk; afgerem. “Toe daardie deur agter my toemaak … Dit was die alleenste wat ek al in my hele lewe gevoel het,” vertel die oud-Springbokafrigter Heyneke Meyer.

Enkele ure tevore het die Bokke hul eerste wedstryd in die Wêreldbekerrugbytoernooi van 2015 verloor – en dit nogal teen die ongerekende Japan. Dié nederlaag – die Bokke se eerste teen die eilandnasie – is ’n dag wat min stoere rugbyondersteuners ooit sal vergeet.

En Heyneke (53) is geen uitsondering nie. Voor die media en die spelers moes hy ’n dapper front voorhou, onthou hy nou in ’n openhartige onderhoud met Huisgenoot. Hy en sy bestuurspan het tot drieuur die volgende oggend sit en beplan – deels omdat hy nie na sy hotelkamer toe wou teruggaan nie.

Toe bring die hysbak ’n oomblik van helderheid. “Omdat ek so alleen gevoel het, het ek tot die besef gekom: Daar is net een ou wat hierdie ding kan omdraai. Natuurlik is daar die span, maar ek sal die leier moet wees.”

Die res van die toernooi het nog voorgelê, en hulle moes terugveg.

Fourie du Preez vertel daardie terugvegpoging was vir hom die lekkerste by die Bokke,” sê Heyneke oor dié oud-Bok. Die Springbokke het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related