Tuis

Kry jou op die stoep!

WIE WOON HIER? Stefan Blom en Albie du Toit

WAAR Kaapstad

GROOTTE 15m2

ORIËNTASIE Noordoos

#1 Geil in groen (en goud en pienk en oranje …)
In die skadu van die stoep skep kleur die gevoel dat jy onder koeltebome sit op ’n somersdag. – Stefan

Stefan Blom en Albie du Toit skrik nie vir kleur nie. Inteendeel, hul huis in Groenpunt, Kaapstad, verteenwoordig al die kleure van die reënboog: Die gastekamer is poeierblou (sien die voorblad van Mei 2020 se Tuis), en hier op die stoep is dit geil groen, plafon en al.

“Om die plafon te verf was ons vriend Jan Botha, ’n binne-ontwerper, se voorstel,” vertel Stefan. “Dis goed om jou planne met kreatiewe vriende te bespreek, want hulle het dikwels idees waaraan jy nie self sou dink nie!

“Ons wou hier met kleur speel om ’n kontras te vorm met die stoep op die boonste vlak waar ons weer net wit en ander neutrale kleure gebruik het,” verduidelik Stefan. “Ons gebruik graag kleur om aan verskillende vertrekke hul eie karakter te gee. Dan is dit amper soos om ’n nuwe mens te ontmoet wanneer jy ’n vertrek kies na gelang van hoe jy op ’n bepaalde dag voel, en natuurlik die weer. Ja-nee, ons is nie bang vir kleur nie!”

In die somermaande kuier die twee feitlik heeldag op dié stoep langs die swembad. “Dis die ideale plek om met ’n drankie in die hand te ontspan of ná ’n groot middagete te kom agteroorsit.”

Dit werk, want …

Die lowergroen mure en plafon dra by tot die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
TOT LOF VAN loof
Die meeste plante blom vir lang tye van die jaar nié, daarom is dit noodsaaklik om die blare en groeiwyse in ag te neem wanneer jy plante vir ’n bedding kies. ’n Mens kan redeneer die blomme is net ’n bonus, die blare is eintlik waarna jy moet kyk vo

Related