Tuis

Leef lekker buite!

WIE WOON HIER? Anne Turner, haar man en hul volwasse kinders David, Katie en Alex

WAAR Johannesburg

# 1 Staan nader

Met ’n nuwe vuurput op hul 1 ha-eiendom is skemerdrankies ná ’n duik in die swembad of ’n braai saam met vriende en familie deesdae soveel aanlokliker vir die Turners. “Dit vorm ’n heerlike uitbreiding tot ons onderdakstoep en ons geniet al die onthaalplek buite nou soveel te meer,” sê Anne, binneversierder by Simply Décor. Sy het haar seun David, ’n argitektuurstudent, betrek by die projek waartydens hulle die uitsig ten beste wou benut en ’n knus bymekaarkomplek in die tuin skep wat nie te ver van hul plaasstylhuis sou wees nie.

“Die idee was dat dié nuwe ruimte ons groot eiendom moet anker en ’n aanwins tot ons bestaande onthaalarea moet wees,” verduidelik Anne. “Dit was die manjifieke koraalboom langs ons huis wat die ligging van die vuurput geïnspireer het. In die winter laat die byna kaal takke die son deur en baai ons salig in die warmte; in die somer verskaf dit weer welkome skadu.” >>

Dit werk, want …

VUURPUT Dié element is ’n waardevolle toevoeging tot enige eiendom – terwyl dit ’n ekstra braaiplek bied, vorm dit ook ’n knus vuurmaakplek met ’n gesellige atmosfeer in die somer én winter.

PIZZA-OOND Veelsydige pizza-oonde is ’n groot bonus in ’n buitekuierruimte. Dink net aan tuisgemaakte pizza, brood, potjiekos en enige gereg wat lank en stadig wil gaar word.

’n Gruisbedekte paadjie verbind die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
TOT LOF VAN loof
Die meeste plante blom vir lang tye van die jaar nié, daarom is dit noodsaaklik om die blare en groeiwyse in ag te neem wanneer jy plante vir ’n bedding kies. ’n Mens kan redeneer die blomme is net ’n bonus, die blare is eintlik waarna jy moet kyk vo

Related