Weg!

MENSE SE LENSE

ALTA PRETORIUS

IG: @altap.2 Nikon D5300 Nikon 200-500 mm-lens

ALTA SKRYF: Hierdie foto is geneem by Otterbrug in die Rietvleinatuurreservaat, Gauteng. Die rustigheid is skielik versteur deur dié twee grootwaterhoenders wat duidelik ’n appeltjie met mekaar te skil gehad het!

Dalk het dit gegaan oor die dame in die voorgrond. Sy was hoogs ontsteld en het lawaaierig rondom hulle geswem.

Die twee mannetjies het mekaar met hulle lang kloue bygekom en onder die water probeer indruk, maar net so vinnig as wat die onderonsie begin het, was dit verby.

Dit was vroegoggend en die lig swak, daarom het ek my ISO na 640 verhoog. Teen dié verstelling is die foto’s nog nie te greinterig nie. Ek wou die aksie vries en die sluiterspoed gestel op 1/1 250 van ’n sekonde teen ’n lensopening van f5.6.

Die foto was egter steeds donker en ek moes dit agterna ’n bietjie ligter maak in Lightroom.

TOAST SÊ: Dit lyk omtrent soos ’n toneel uit Game of Thrones waarin twee ouens mekaar probeer bloedneus gee! Drama in die diereryk kan groot of klein wees, soos hier. Jy is nie aldag in die Kruger waar jy die kans kry om leeus om ’n karkas te sien stoei nie.

Ons kleiner reservate bied nét soveel aksie, jy moet net met ’n ander blik na die wêreld om jou kyk.

Twee skoorsteenveërs wat oor ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Dié Berg Dwing Respek Af!
Ná die aanhoor van verskeie rillerstories het ek Arangieskop van my staplysie geskrap. Vriende het vertel van toonnaels wat afval, bene wat breek, helikopterreddingspogings... Nee wat, om buite in die veld te wees moet ’n mens rustig maak eerder as g
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Sterreweg
Halley is verreweg die bekendste komeet. Dié komeet het onlangs op die verste punt van sy baan om die son gaan draai, en hoewel dit eers weer in 2061 naby die son gaan wees, kry ons twee maal per jaar wel brokstukkies daarvan te sien. Terwyl ’n komee

Related