’n Storie sonder bitterheid
Daar bestaan veel meer boeke en dagboeke en meer dieptestudies is gedoen oor mans en generaals se ervarings gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO).
Hoewel die mans die wapen optel, is dit baie keer die vroue wat die stukke optel, en hulself en hul kinders aan die lewe moet hou. Hul vertellings van oorlog verskil aansienlik van dié van mans.
Hulle het nooit weer gaan blomme pluk nie.
Veral in dié oorlog het vroue en kinders besonder swaar aan die las van oorlog gedra. Emily Hobhouse verwys spesifiek hierna in die titel van haar eerste boek: The Brunt of the War and Where It Fell. (’n Briefie wat die 14-jarige Maggie Jooste destyds vanuit die kamp aan haar oudonderwyseres in Stellenbosch geskryf het, is ook in Hobhouse se boek opgeneem).
In 1962 het Maggie, toe reeds ’n weduwee van 76, haar herinneringe van die oorlog en hul verblyf in die konsentrasiekampe in Pietermaritzburg en Ho-wick opgeskryf.
Met die uitbreek van die oorlog het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days