SARIE

DÍS GRAVITAS ‘Bly relevant bly jeugdig’

Dame Judi Dench versinnebeeld gravitas waarmee oud én jonk kan identifiseer.

Met haar elfie-haarstyl, stylvol geklee in ’n geblomde uitrusting van Dolce & Gabbana, loer sy ondeund na die kamera op die voorblad van die Junie-uitgawe van die Britse Vogue.

Op 85 die oudste voorbladgesig nóg van ’n modetydskrif.

Hier is iemand wat sedert 1957 al haar staal wys as aktrise. Van haar eerste televisiereeks, Hilda Lessways, en haar rol as M in Bond-flieks soos Goldeneye regdeur tot Shakespeare in Love (waarvoor sy in 1999 ’n Oscar gewen het), is sy ikonies. Meer onlangs skitter sy in die guitige Best Exotic Marigold Hotel-flieks (juis oor hip ouer mense, tot Richard Gere verskyn daarin) en die verkwiklike verwerking van Agatha Christie se Murder on the Orient Express. Vanjaar is sy ’n gemmerkat in die rolprent Cats. En dís juis die punt. In dié distopiese tye, waar g’n mens weet wat wag nie, is sy ’n baken, iemand wat al gelééf het en op 85 sê: Ek is steeds hier en niks gaan my onderkry nie. Ook nie ’n virus nie.

Haar trooswoorde op die voorblad van ruk aan die hart en spreek van die wysheid van haar jare: “If a great deal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related