SARIE KOS

SKONE susters Meringue

MERINGUE: 6 DINGE

1 Die vroegste bekende aantekening van die woord “meringue” is in 1692 in ’n kookboek van François Massialot, ’n sjef aan Versailles, hoewel koshistorici glo meringue het al in die 1500’s sy oorsprong gehad.

2 Voeg wit asyn of witwynasyn by as jy nie wil hê jou meringue moet verkleur in die oond nie maar wit bly.

3 Meringue bevat nooit vet nie, dit sal veroorsaak dat die eierwitte nie styf klits nie. Dit bevat wel ’n beduidende hoeveelheid suiker en proteïen.

4 Franse meringue word gebak – hoewel gedroog dalk ’n beter term is – by ’n baie lae oondtemperatuur. Dit moet wit bly of net ’n effense kleur hê as dit klaar gebak het.

5 Die ideale meringue se tekstuur is krakerig, maar tog sag genoeg om te breek as ’n vurk daarop gedruk word.

6 Gebakte meringue kan tot 3 weke in ’n lugdigte houer gebêre word en tot 6 maande lank gevries word.

3 SOORTE

Meringue laat my altyd dink aan iets wat op Marie Antoinette se tafel sou pryk. Elegant en delikaat. Tog word dit van net twee eenvoudige bestanddele gemaak: eierwitte en suiker. Daar is drie susters in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related