Kuier

TERUG SKOOL TOE OF NIE?

Toe pres. Cyril Ramaphosa op 24 Mei aankondig die land is vanaf 1 Junie in fase 3 van die lockdown en dat geen ouer gedwing sal word om hul kinders terug skool toe te stuur nie, het talle ouers die strop om hul nekke al hoe nouer voel trek…

Want met dié woorde het die president die besluit (en dus die verantwoordelikheid) 100% terug in ouers se hande geplaas. Dis dus nie uiteindelik nie die regering wat oor jou kind se gesondheid of skoolloopbaan sal moet besluit te midde van ’n dodelike virus nie – nee, dis nou jy, die ouer.

Hierdie realiteit wil jou amper versmoor, want ouers het nou letterlik hul kinders se lewens én toekoms in hul hande.

Ouers van graad 7- en 12-leerders was eerste aan die beurt, want ingevolge die plan wat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, aangekondig het, het skole eerste vir hulle heropen. Teen druktyd was dit egter nie bekend watter ander grade volgens dié departement se gefaseerde benadering volgende kon terugkeer skool toe nie.

Ouers in veral bruin en swart gemeenskappe worstel met die besluit om hul kinders terug te stuur skool toe, want hulle wéét opvoeding beteken letterlik die verskil tussen ’n lewe van vooruitgang en agtergeblewenheid. En die lockdown het reeds gewys dis weereens kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe wat aan die kortste end trek, want waar hul bevoorregte eweknieë wat toegang het tot die internet, rekenaars of slimfone kon aangaan met hul skoolwerk, kon hierdie kinders nie en is hulle reeds agter.

Verskeie onderwysers het bogenoemde realiteit aan Kuier bevestig.

As ouer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related