Rapport

Die slagting van die middelklas

Die regering se eie adviseurs noem die verlengde staat van inperking “onwetenskaplik” en “onsinnig”.

Die Verenigde Nasies se kinder-fonds, Unicef, waarsku dat die inperking meer mense kan doodmaak as die virus, waaronder 1,2 miljoen kinders. Statistieke Suid-Afrika (SSA) het reeds oor die verlammende ekonomiese impak berig. Volgens enige logika moet die staat van inperking beëindig word, maar dit sal nie gedoen word nie, want dit pas die ANC se agenda om dit te handhaaf.

Teen die middel van April reeds het die voorsitter van die minister van gesondheid se ministeriële advieskomitee en die land se hoof-epidemioloog, prof. Salim Abdool Karim, gesê dat die inperking sy doel bereik het om die spits van Covid-19-infeksies uit te stel en om die gesondheidsdienste kosbare tyd te gee om gereed te maak vir wat kom en dat die verlenging van die inperking geen groot bykomende voordele inhou nie.

Op 6 Mei het die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, hierdie siening herhaal: “Wat ons wetenskaplike fokus betref, kon ons die hoogtepunt van die uitbreking vorentoe skuif. As ons die in-perking sou verleng, sou dit die hoogtepunt nie wesenlik vertraag nie.”

Tog is ons tot die einde van die maand steeds op ’n vlak van inperking wat nie veel verskil van die strawwe in-perking van die eerste vyf weke nie en in sommige opsigte selfs strenger is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Swaar Boetes Wag Vir Dié Wat E-tol Ignoreer
Die regering wil die knyptang inlê om motoriste met enorme boetes en ander swaar strawwe te dwing om e-tol te betaal. Boetes vir ’n enkele rit kan duisende rande beloop en motoriste kan hul lisensies verloor. Die Gautengse e-tolstelsel het in Desembe
Rapport2 min read
Nigerië Maak Toegewings Ná Onluste
Die Nigeriese jeug se protesoptogte het reeds die regering gedwing om sekere toegewings te maak en dit kan verdere uitdagings bring vir die leiers van dié Wes-Afrika-staat. Die regering het ingestem om die polisie se Special Anti-Robbery Squad (Sars)
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo

Related