Rapport

Windswaeltjie

Egmont Sippel, maar sports lewer die kleine Suzie steeds in hope.

Dis ’n lang geskiedenis en ons gaan nie nou daardeur hard-loop nie. Maar een of twee hoogtepunte skets ’n betekenisvolle agtergrond.

Byvoorbeeld: Dat Michio Suzuki sy sakebelange in 1909, ’n dekade en ’n half voor Sakichi Toyoda, in Hamamatsoe, Japan, sou vestig. Albei entrepreneurs se vertrekpunt was weefgetou, maar Toyoda het syne geoutomatiseer. In 1933 stig hy selfs ’n onderafdeling vir motorbou en plaas sy seun, Kiichiro, in beheer.

Vier jaar later roep Soichiro Honda ’n maatskappy genaamd Tōkai Seiki in’t le-we om suierringe aan Toyoda se motors te verskaf. In dieselfde jaar word Toyoda se motormaatskappy as Toyota geregistreer; met ’n “t” het die naam ’n gelukkige-agt penstroke pleks van tien geverg.

Einste in 1937 bou Michio Suzuki ’n paar innoverende kompakte motorprototipes. Waterverkoelde vierslag-viersilinders spog selfs met aluminiumblokke. Suzuki opereer aan die voorpunt van motoringenieurswese.

En toe kom die oorlog.

Motorfietse en die Jimny

Met die na-oorlogse hervatting bou Suzuki, nes Honda, knapsak-enjins vir trapfietse. So begin ’n roemryke wielegeskiedenis vir albei; 1952 lewer Hamamatsoe se eerste motorfiets op, en 1962 ’n eerste wêreldtitel in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Steeds Geen Keer Aan Jaguars
Die Jaguars mik vandag na ’n plek in hul sewende agtereenvolgende eindstryd van die Nasionale Liga. Ná elf dae se netbalaksie in Bloemfontein is die laaste vier plekke bespreek. Die Noord-Gautengers pak die Southern Stings om 14:00 in die eerste half
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band