Rapport

Wow!

Hoe hou jy van Stellenbosch se ringmuur van berge in die ooste en suide? Wel, die Piëmont-streek, in die noordweste van Italië, word in drie windrigtings deur die Alpe begrens. Daar’s ’n “countach”-oomblik om elke hoek en draai.

Countach is ook die naam van Lamborghini se 1974-supermotor. Dit beteken iets soos “liewe hemel” of “wow” of “ongelooflik”, dikwels met ’n seksuele lading. Ten aanskoue van mooi jong vroue sê ou omies wat soggens in Piëmontse straatkafees vergader dikwels “countach” (uitgespreek “koen-tatsj”).

Dis ’n uitroep van verbasing (soos in: “Kan jy glo wat jy sien?”), maar ook een van begeerte (soos in: “Verniel my, asseblief!”)

Wat anders doen ou mans nog in Europese straatkafees?

Om die dag op ’n bitter noot te begin wat net soeter kan, drink hulle espresso.

Daar’s nie altyd ’n signorina om hulle wakker te skud of die lewensvog te laat vloei nie.

Oor S-Presso’s en espresso’s

“Countach”-oomblikke is natuurlik kosteloos. Jy hoef net te kyk.

Om ’n espresso te bestel vra om ’n paar pennies, maar dis goeie wakkerword-kapitaal.

As jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Dié ‘Raponsie’ Lugtig Vir ’n Skêr
Sedert haar hare kort geknip is in gr. 1 weier Danya Zwiegelaar van Wellington om haar Raponsie-agtige lokke weer te sny. Haar ma, Yolanda, sê sy het soos ’n seuntjie gelyk met die kort hare en nou, byna ’n dekade later, hang dit 134 cm en verby haar
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa