Rapport

N is die nuwe M

So, oukei, die Hyundai i30 N skakel via ’n handrat. Maar maak dit saak? Ja, seg jy. Spoed tel. En ’n handrat is stadiger as ’n dubbelkoppelaarkas, nes voorwieldryf stadiger as agter- of alwieldryf is.

’n Kar wat gas kry, gaan sit tog op sy stert en dis daai ekstra vasdruk wat beter traksie uit sy agterwiele boelie. Omgekeerd lig die neus tydens wegvlie, met ’n gepaardgaande verlies van vasgryp vir voorwielgedrewe voertuie.

As alle ander faktore dus gelyk is, gaan voorwieldryf teen agter- of alwieldryf verloor. Ditto vir ’n handrat versus ’n dubbelkoppelaarkas (DCT).

Namjang se haastige nuwe Hyundaitjie dryf uit sy voorwiele en bied tans net ’n handrat; die DCT is op pad. Die huidige N se stryd begin dus op sy eie kwartlyn.

Bygesê, dat voorwieldryf die segmentstandaard is. Volkswagen se Golf GTI, die Golf GTI TCR, die Honda Civic Type R en die Renault Mégane RS 280 klits almal eiers via die vooras.

Maar Hyundai het ’n ekstra probleem. Krag- en verrigtingsyfers pen die N steeds op sy eie kwartlyn vas. 202 kW/353 Nm is meer as gangbaar – goeiste, dis 33 tjoppies sterker as die GTI se 169 kW – maar ’n 0-100 km/h-lopie in ’n entjie anderkant 6 sekondes

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Dié ‘Raponsie’ Lugtig Vir ’n Skêr
Sedert haar hare kort geknip is in gr. 1 weier Danya Zwiegelaar van Wellington om haar Raponsie-agtige lokke weer te sny. Haar ma, Yolanda, sê sy het soos ’n seuntjie gelyk met die kort hare en nou, byna ’n dekade later, hang dit 134 cm en verby haar
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa