Neem my op vlerke
Dit het begin met ’n onbekende persoon, besmet met ’n onbekende virus, wat op ’n passasierstraler in Europa geland het. Só het die nuwe Covid-19-pandemie begin om wêreldwyd te versprei: met vliegtuie.
Soortgelyk aan hoe die Swart Dood in 1347 per skip in Europa beland het.
Ons weet Suid-Afrika se eerste geïdentifiseerde Covid-19-geval is ’n persoon wat op ’n vlug uit Italië aangekom het.
Om die virus se verspreiding hok te slaan, het alle regerings, ook in Suid-Afrika, hul lugruim vir vlugte gesluit, behalwe enkele noodvragvlugte.
En só berokken die ingrendeling onberekenbare skade aan die toerisme- en reisbedryf. Nie alleen is miljoene mense se vakansieplanne en sakereise opgeskort nie, maar honderdduisende ondernemings en werknemers verloor inkomste wat hulle nooit sal herwin nie.
Dit geld ook lugvaartmaatskappye. Van die grootste rederye se vliegtuie staan op tuislughawens geparkeer, in afwagting
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days