Huisgenoot

WAAR DIE MURE ORE HET

KENSINGTONPALEIS: ’n indrukwekkende woning in die hartjie van Londen wat al eeue lank die tuiste van konings en koninginne, prinse en prinsesse is. As hierdie rooibaksteenmure net kon praat, sou hulle geheime vertel wat selfs die krasste luisteraar sou laat bloos.

Maar aangesien mure nie kan praat nie, het die Britse joernalis Tom Quinn diep gedelf om ’n fassinerende nuwe boek, Kensington Palace: An Intimate Memoir from Queen Mary to Meghan Markle, te skryf.

Dit het omtrént ’n beroering onder koninklike aanhangers veroorsaak – en in dié sappige uittreksel sal jy sien hoekom.

PRINSES MARGARET

’n Mens se herinnerings aan prinses Margaret en haar man, Antony Armstrong-Jones, word helaas altyd gekenmerk deur die passie en pyn van hul jare saam. Nes die meeste tragiese verhoudings het hulle s’n snaakse oomblikke gehad, byvoorbeeld hul gewoonte om briefies in hul Kensingtonwoonstel te los wat lui: “Hier is 10 redes hoekom ek jou haat . . .”

Ron Wilson, wat in die 1960’s in die paleis gewerk het, onthou “venynige rusies” wat oral in die paleis gehoor kon word.

“Sy (prinses Margaret) sou die aakligste dinge skree en het nie ’n duit omgegee of die vensters en deure oop was en almal kon hoor nie. Baie van hul rusies het gegaan oor die feit dat hulle meegeding het om te kyk wie kon by die meeste mense slaap – dit was hul manier om mekaar in eie munt terug te betaal.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related