Huisgenoot

Die goeie tye – & die SLEGTES

ELKE lewe het syhoogteen laagtepunte – maar vir koningin Elizabeth was die verskil dat ’n fel openbare kollig op sowel die goeie as die slegte tye geskyn het. Soms is sy vir haar optrede geloof, soms is sy gekritiseer. Kom ons bekyk ’n paar van die belangrikste dinge wat tydens haar bewind gebeur het.

ABERFAN / 21 OKTOBER 1966

Die Aberfan-ramp bly een van die grootste katastrofes wat Brittanje nog getref het – en die koningin se hantering daarvan was uiters omstrede. Sy het agterna baie berou gehad oor hoe sy die ramp benader het.

Aberfan is ’n steenkoolmyndorpie in Suid-Wallis. Teen die berghelling agter die dorpie was ’n stortingsterrein vir steen-1966 het dae van koolafval. In Oktober swaar reën die afval in slyk verander – en op 21 Oktober het die slyk skielik teen die helling begin afgly en alles in sy pad opge-die landskap, ’n ry huise en ’n hele suig: laerskool. Altesaam 116 kinders en 28 volwassenes is in die ramp dood.

Net ná die chaos het David Evans, eienaar van die plaaslike kroeg, op die straat uitgehardloop. “Al wat ek kon sien, was die dakspitse,” het hy aan die geskiedkundige Gaynor Madgwick gesê.

Dit was een van die ergste mynrampe in die geskiedenis van Brittanje, maar tog het koningin Elizabeth aanvanklik ge-omAberfan te besoek. Dit het die weier pers woedend gemaak.

Haar raadgewers het haar dringend aangeraai om te gaan, maar sy het vasgeskop. Sy was bekommerd dat mense tyd sou mors om aan haar aandag te gee eerder as om na oorlewendes te soek.

Prins Philip is toe soontoe afgevaardig. Hy was diep ontroer deur die ervaring en het haar aangeraai om self die omvang van die ramp te gaan aanskou.

Agt dae ná die tragedie het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related