Huisgenoot

Maklike kerries

IN HUL eerste kookboek, Temp tations, verlei die voormalige TV-en radiopersoonlikheid Prim Reddy en haar restaurantvennoot, Niranj Pather – albei Suid-Afrikaners van Indiese oorsprong – lesers met resepte vir geurige kos wat vinnig en maklik is om te berei. Benewens plaaslike Indiese kookkuns is daar ook Suid-Afrikaanse gunstelinge soos braaivleis en geregte wat hulle op hul reise ontdek het. Prim deel deurgaans staaltjies en inligting by die resepte.

BOTTERBOON-EN-AARTAPPELKERRIE

Botterbone in tamatiesous gekook in ’n heerlike matige kerrie met die sagste aartappels . . . Dis dalk ’n eenvoudige gereg, maar glo my: Almal sal hieraan weglê. Sit dit voor in ’n bunny chow, oor saffraanrys of net so. Ek eet dit graag saam met ’n tra

wortelslaai.

GENOEG VIR 6 MENSE
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 30 MIN.

KERRIE

◗125 ml (½ k) olyfolie
4 kaneelstokke
5 ml (1 t) komynsaad
1 takkie vars kerrieblare
½ ui, in skywe gesny
17 ml (1 opgehoopte e) matige kerriepoeier
2,5 ml (½ t) sout
4 middelslag-aartappels, geskil en in kwarte gesny
125 ml (½ k) water
2 x 410 g-blikke botterbone in tamatiesous

AFRONDING

vars koljander

WORTELSLAAI

2 groot wortels, gerasper
½ ui,◗ ◗

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related