Kuier

TWÉÉ KEER DEUR HEL

Die meeste mense se grootste vrees is seker om hul geliefdes, veral hul eggenoot of kinders, te verloor. Baie van ons kan ons nie ’n lewe sonder dié belangrikste mense in ons lewens voorstel nie, wat nog te sê meer as een keer deur die trauma gaan.

Dís hoekom die storie van Katrina Majied (57) van Kuilsrivier in die Kaap so aan jou hart ruk. Sy het haar gesin twee keer verloor en moes twee keer, alleen, oor begin.

Dit is 29 jaar sedert haar eerste man, Willem Beukes (29), en hul twee kinders, Riana (6) en Wilna (3), onverwags in 1991 van haar weggeruk is en 14 jaar sedert die dood van haar tweede man, Arnold Coetzee, en hul twee kinders, Arnina (8) en Ancois (6), in 2006.

Op daardie noodlottige dag 29 jaar gelede, 17 Mei 1991, het Willem met wie sy toe al ses jaar getroud was, eers hul twee kinders en toe homself doodgeskiet. Veertien jaar later het dieselfde tragedie haar wéér getref toe haar tweede man, Arnold, eers hul twee kinders, Arnina en Ancois, versmoor en toe homself in hul huis gehang het. Albei haar mans was in die polisiediens. Katrina self is ook reeds vir meer as 20 jaar in die polisie.

Lt.kol. Andre Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag albei voorvalle bevestig.

Beide gevalle het uit die bloute plaasgevind en daar was geen clues

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier5 min read
Om ‘N ‘Amma’ Soes Dié Te Hê
Nadat sy en haar man uitmekaar is, was daar dikwels nie kos in die huis vir haar ses kinders nie. Dan het Charmaine Africa gedoen wat sy by haar ma geleer het: Gaan op jou knieë. Praat met die Here. Bid. Sy't Hom gevra om asseblief ietsie te voorsien
Kuier5 min read
Kelders Van Geheime
Geheime, intrige, boeiende storielyne…In Januarie het die kameras begin rol naby Franschhoek op die stel van e.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama, en op 6 Mei maak dié nuutjie, Kelders van Geheime, sy TV-debuut. Dit draai o

Related