Tuis

Beter in ’n bakkie

Steak-en-peperpasteitjies met bier, patat en ertjies

Die pasteivulsel se ryk vleissous is vol helder ertjies en happies soet patat. Die twee-bestanddeel-deeg het ’n sensasie op Instagram veroorsaak, met verskillende mense wat alles van pizza, naanbrood tot kaneelrolletjies daarmee maak. Ons het roosmaryn bygevoeg vir die maklikste pasteideeg.

Genoeg vir 4  Bereidingstyd: 50 minute Gaarmaaktyd: 3 uur  Oondtemperatuur: 180˚C

 650g biefblokkies (dikrib of ghoelasj werk goed)
 350g biefskenkelvleis, in blokkies gesny
 100ml meel
 5ml elk koljander, komyn en paprika
 10ml droë gemengde kruie
 sowat 30ml olie
 1 ui, gekap
 1 wortel, fyngekap
 2 stingels seldery, fyngekap
 2 knoffelhuisies, gekap
 15ml tamatiepasta
 5ml heel reënboogpeperkorrels
 340ml (1 botteltjie) bier
 250ml vleisaftreksel
 125ml bevrore ertjies
 1 mediumgroot patat, in skyfies gesny en gaar gerooster*

KORS

 500ml bruismeel
 375ml jogurt
 ’n takkie roosmaryn, blaartjies gestroop en gekap
 1 eier, geklits

Rol die vleis in die meel, speserye en kruie. Verhit die olie tot warm in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot mooi bruin; hou die vleis en enige orige meel eenkant. Braai nou die ui, wortel en seldery in dieselfde pot tot glansend. Roer die knoffel, tamatiepasta en peperkorrels by en roer vir ’n halwe minuut. Voeg die bier by en kook vir 2 minute terwyl jy enige stukkies op die bodem van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis2 min read
Kos & drank
Geometriese servette (stel van 2) R350, byjohndesigns.com Bibby’s More Good Food (R480, Penguin Random House) is die tweede resepteboek deur die kos-inhoudskepper Dianne Bibby. Daar’s maklike en veelsydige resepte vir alles van elegante mengeldrankie

Related