SARIE

Liefde ná 50

Die Italianers weet hoe om die lewe te geniet – en hulle het ’n gesegde dat, net soos jy nie tel hoeveel glase wyn jy drink nie, tel jy nie hoeveel jare jy al op die aardbol is nie. Maar tog – ná vyftig is liefde iets wat jy meer as ooit koester. Veral as jy al ’n moeilike pad gestap het voor jy weer ’n holte vir jou liggaam en gees gevind het.

Vir Retha Alberts, ’n sakekonsultant en leierskapsafrigter van Worcester, is haar en haar Belg, Alain Hubert, se nuutgevonde liefde kosbaar – en die intimiteit beter as ooit. Teresa Smit,

’n Pilates-instrukteur van Citrusdal, lag nou ook weer soos van ouds met Jeffrey Tierie, ’n semi-afgetrede Nederlander, in haar lewe. Riette Rust, skrywer en joernalis van Welgemoed, en haar Leon Erskine, ’n ingenieur van Durbanville, blom albei. En almal is bo vyftig . . .

Dit word deesdae al hoe makliker vir middeljariges om liefde te vind, meen dr. Marelize Swart, ’n seksterapeut en sielkundige van Kaapstad. Dink aan al die afspraakwebtuistes waar hope potensiële maats beskikbaar is met die klik van ’n muis. Maar “tradisionele” hofmakery bly ook gewild onder die baby boomers (gebore tussen 1946 en 1964), sê sy.

Luidens Amerikaanse statistieke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related