Huisgenoot

Eet lekker gesond!

ONS grootste uitdaging tydens die inperking en die coronakrisis is om ons geliefdes veilig en gesond te hou. Versterk hulle deur etes met voedsame bestanddele te berei wat hul immuunstelsel ’n hupstoot kan gee.

Die leefstylsjef Izelle Hoffman se nuwe boek, Mindful Eating, sal jou in dié tyd help. Dis nie net propvol inligting oor die gesondheidsvoordele van alledaagse kos en bestanddele nie; sy wys ’n mens ook om gesonde kos te kook kan prettig en maklik wees.

OOSTERSE HOENDER

Ideaal saam met ’n slaai, roostergroente en basmatirys of quinoa.

GENOEG VIR 4-6 MENSE
BEREIDING: 25 MIN.
GAARMAAK: 45 MIN.

◗ 2 groot stingeluie, in blokkies gesny
◗ 1 klein rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
◗ 1 klein geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
◗ 1 klein groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
◗ 5-6 hoenderfilette of 9 boudjies en dye
◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 60 ml (¼ k) warm water
◗ gekapte vars koljander en stingeluie vir garnering

SOUS

◗ sap van 1 lemmetjie
◗ 60 ml (¼ k) sojasous
◗ 30 ml (2 e) rou heuning
◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 2,5 ml (½ t) fyngemaakte knoffel
◗ 17 ml (1 opgehoopte eetlepel) sesamsade
◗ 2,5 ml (½ t) woestynsout
◗ 2,5 ml (½ t) fyn swartpeper
◗ 2,5 ml (½ t) fyngemaalde vars gemmer (opsioneel)
◗ ’n hand vol gekapte vars koljander

Voorverhit die oond tot 200 °C en bespuit ’n oondskottel met kossproei.

Versprei die gekapte stingeluie en soetrissies op die skottel. Giet die warm water oor. Bedek met foelie en bak 30 min., verwyder die foelie en bak onbedek nog 15 min. Verf die sous af en toe oor die hoenderstukke.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related