Weg! Ry & Sleep

Vind die natuur én kultuur op Graaff Reinet

Graaff-Reinet is naas Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam Suid-Afrika se oudste koloniale dorp. Dit is in 1787 deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gestig en genoem na die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, Cornelis Jacob van de Graaff, en sy vrou, Reinet. Die dorp is nie net bekend vir sy nabye natuurskatte nie, maar ook omdat hier meer geskiedkundige monumente en geboue is as op enige ander dorp of stad in Suid-Afrika.

Slaan jou tentpenne in by twee kampplekke wat jou toegang gee tot die ryke erfenis én natuurskoon van hierdie Karoodorp.

NQWEBA-KAMP

Die Kamdeboo se natuurskoon

Skaars 4 km noord van Graaff-Reinet lê die Kamdeboo- nasionale park aan weerskante van die N9-deurpad. Die hoofhek en die parkkantoor lê links; dis hier waar jy aanklop vir jou toegangs- en verblyfpermit.

Saam met jou permitte kry jy ’n kaart wat die Nqweba-kamp se staanplekke aandui asook ’n brosjure met al die park se doendinge, diere wat jy kan verwag om te sien, en ’n kaart van die hele park. Jy kry ook ’n kode wat jy by onbemande hekke in die park moet inpons om toegang

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
’n Spesiale Geskenk Vir Vrouedag
Die gedagte was dat die mans van die groep hegte Wes-Kaapse vriende weer ’n slag alleen reis, en dit het toevallig rondom Vrouedag geval. Dis toe dat die mans begin spot hulle afwesigheid – en natuurlik die gepaardgaande rus en vrede by die huis – sa
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier

Related