Rapport

Jake wil wen vir sy vriend Rupert

Bulle-pos nie net nog ’n jop vir White: Dis persoonlik
‘Daar is meer talent in Pretoria as in Australië’

Jake White wil van die Bulle weer ’n wêreldkrag maak ter wille van sy vriendskap met Johann Rupert, miljardêr-aandeelhouer in Bulle-rugby. Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBM) en lid van die direksie wat White as die Bulle se nuwe direkteur van rugby aangestel het, het die afgelope week aan gesê die Bulle-pos is “meer persoonlik” vir Jake. “Hy het ’n baie goeie verhouding met een van ons aandeelhouers. Dit gaan vir hom ’n persoonlike uitdaging wees.” Hoewel Strauss gesê. “My ervaring het my geleer daar is meer talent hier in Suid-Afrika as in enige ander rugbyland. “Daar is meer talent in Pretoria as in Australiese rugby. As jy oorsee is, waardeer jy dit. As jy dinge bymekaarkry, kan jy die span terugvat na daardie gloriedae. “Die een ding wat die Bulle goed gedoen het, al het hulle nie die afgelope tien jaar op senior vlak presteer soos wat hulle wou nie, is om ongelooflike junior spanne bymekaar te sit. “Ek kyk na die video’s en daar is ’n paar ongelooflike jong spelers. Die uitdaging is nou om hulle te omring met spelers wat hulle nog beter sal maak. “Dit is die uitdaging wat ons het – om die regte spelers te kry. Soms vat jy spelers omdat hulle seniors is, maar hulle is nie noodwendig die regte senior spelers nie. “Hulle is nie die tipe spelers wat ’n verbetering in die stelsel na vore bring nie. Hopelik is dit die kundigheid wat ek na die Bulle toe kan bring.” White sê dit is verblydend dat hy die ondersteuning van die direkteure en aandeelhouers het. Dit beteken hy sal ’n inkopielys begin saamstel. “Die koronavirus is ’n terugslag, veral omdat daar geen inkomste is nie. Maar die goeie ding is dat ons aandeelhouers – Patrice Motsepe en Rupert – ons ondersteun, en ek is seker ons is op ’n baie beter plek as ander spanne. “Hulle is definitief bewus van my siening dat as ons sukses wil behaal, dinge sal moet verander. Dit is verblydend – om in ’n raadsvergadering te kom en hulle verstaan wat jy wil doen en hulle ondersteun jou. Dit is rêrig ’n seëning.” White erken dit is moeiliker om spelers in Suid-Afrika te hou as toe hy laas in die land afgerig het, maar voel wel die koronakrisis kan tot SA rugby se voordeel wees. “Dit is een van die frustrasies. Elke keer as jy ’n goeie junior aan ’n kompetisie blootstel, is die kanse daar dat ’n oorsese span hom gaan kom opraap. “Wat kan jy doen om ’n kultuur te vestig om die ouens hier te hou? Die koronavirus – wat ’n slegte ding wêreldwyd is – sal ’n nu-we wending gee aan die aanloklikheid vir spelers om oorsee te speel. “Spelers sal vra of dit die moeite werd is om myle ver weg te wees van familie in ’n tyd soos dié. En met van die spelers oorsee wat hul salarisse moet sny, word hul verdienste nader aan wat jy hier in Suid-Afrika kan verdien.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Steeds Geen Keer Aan Jaguars
Die Jaguars mik vandag na ’n plek in hul sewende agtereenvolgende eindstryd van die Nasionale Liga. Ná elf dae se netbalaksie in Bloemfontein is die laaste vier plekke bespreek. Die Noord-Gautengers pak die Southern Stings om 14:00 in die eerste half
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band