Kuier

Hartskos

RED VELVET-KOEK

Lewer 1 klein hartvormige koek

BESTANDDELE

Koek

115 g botter
½ koppie suiker
1 eier
½ teelepel vanilla essence
1¼ koppie koekmeel
3 eetlepels kakao
½ teelepel koeksoda (bicarbonate of soda)
½ teelepel sout
½ koppie karringmelk
½ teelepel asyn
1 eetlepel rooi voedselkleursel

Versiersel

½ van 230 g-houer roomkaas
2 eetlepels botter
2¼ koppies versiersuiker (icing sugar), gesif
½ teelepel vanilla essence ’n Knippie sout
Frambose (raspberries) of bessies van jou keuse vir versiering

METODE

Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en klits tot gemeng voordat jy die vanilla essence byvoeg. Sif die koekmeel, kakao, koeksoda en sout saam en voeg die helfte van dié droë bestanddele by die bottermengsel. Klits tot net-net gemeng. Giet die karringmelk, asyn en voedselkleursel by en klits. Voeg die ander helfte van die droë bestanddele by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde hartvormige koekpan waarvan die bodem met bakpapier gevoer is. Bak vir 20 – 25 minute in ’n voorverhitte oond van 180 °C. Laat die koek vir 15 minute in die koekpan staan voordat jy dit versigtig uit die pan haal om heeltemal op ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 312 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: ER LOMBARD EN INSTAGRAM/@CHEFREUBENRIFFEL, @GRANT9_WILLIAMS ■
Kuier5 min read
Bye, Tim! Hi, Marco!
Die afgelope paar weke het die ding sommer behoorlik geruk in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosch. Wie sou ooit kon dink dat JPD se aantreklike en seepgladde argitek, Tim du Plooy, uiteindelik tot ‘n val sal kom? Dit was nog nooit ‘n geheim in die gel
Kuier1 min read
Lei Jouself Op
Mimi sê die Parent Effectiveness Training (PET)-kursus is ‘n “fantastiese kursus vir ouers wat hulle leer hoe om beter te kommunikeer met hul kinders, maar ook met almal rondom hulle”. Sy is self ‘n instrukteur en sê dié kursus, wat plaaslik en wêrel

Related