Weg! Platteland

Bontspul onder die bome

Sommer met die intrapslag by die Harkerville-mark kry die afguns jou aan die keelvelle beet: Hoekom, kerm jy in jou binneste, is die inwoners van Knysna, Plet en omstreke so gelukkig om Saterdae hulle weeklikse inkopies hier te kan doen, amper net soos in Europa?

Salig in die buitelug onder ’n staning koeltebome. De laaste ding neutvars, plaaslik en meestal organies. Groente en vrugte, byna alles in die omgewing gekweek. Kaas en jogurt. Plaaseiers. Vleis. Heuning. Blomme. Plante. Brood van Knysna se befaamde Île de païn…

As die Harkerville-mark ’n winkel was, sou jy dit maklik ’n “eenstopsupermark” kon noem, want aanvanklik voel dit soos ’n kruising tussen ’n boeremark en ’n kosmark, maar dan gewaar jy ook die tweede afdeling met handwerk, kuns, klere, juweliersware, speelgoed, houtwerk, bedlinne, handsakke, mooi dinge vir die huis.

En in die middel van die vrolike bontspul hou ’n groot boom wag met klouterplek vir die kinders, met rondom

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland5 min read
Dinofeng Se Bont Broeikas
Onthou jy nog die mixed grill, alomteenwoordige kroonstuk op plattelandse spyskaarte in die jare sewentig en tagtig? Dis waarvoor jy skielik lus kry as jy een Vrydagmôre die nuwe Makers Village op Cullinan binnestap met ’n honger kol op die maag. In

Related