Tuis

Samesyn en seën

WIE Hennie en Jolanda Aggenbach en hul dogters, Mila (18), Jana (15) en Yanke (8)

WAAR Durbanville

Kersdag in die Aggenbach-huis is tyd vir besinning.

Daar brand altyd ’n vuur of twee en die feesmaal bestaan uit geregte wat moeiteloos is en vooraf berei kan word.

“Ons is nie ingestel op geskenke nie; eerder die atmosfeer en die saamkuier,” vertel Jolanda, die gasvrou en kreatiewe gees agter dié Kerssamesyn. “Dis ’n dankbaarheidsfees en daar is niks vreemds op die tafel nie. Ons maak eintlik net elke lid in die gesin se gunsteling-gereg.”

Dit is daarom nie vreemd om name soos “Jana se sout-aartappels”, “Jolanda se wilde koolslaai” en “Yanke se wortelkoek” op die spyskaart te sien nie. “Hennie se takbokfilet à la Wellington” is ook daar, want wildsvleis is elke jaar op die Kerstafel.

Hennie is immers een van drie vennote in ’n wildplaas naby Hopefield. Hy voel baie sterk oor natuurbewaring en het uiteraard ’n passie vir wild.

“Ons het waardering vir die diere se skoonheid en skiet nie voor die voet nie,” verduidelik Jolanda. Daarom is bokkoppe as dekorelemente ook geen verrassing in dié huis nie. Jolanda kry haar inspirasie van die beroemde Franse ontwerper Philippe Starck wat in die Vienna Hotel in Argentinië dié trofees “aangetrek” het.

Die koppe in die Aggenbachs se huis kry ook dikwels ’n mus of ’n serp – en met Kersfees selfs ’n krans om die nek!

Dekorstyl

Hennie, eienaar van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op

Related