Idees

MAAK SKOON

Toe ek einde verlede jaar op ’n geluksprojek vir 2019 besluit het om my leënessindroom teen te werk, het ek nie besef hóé besig die eerste stap my sou hou nie.

En nee, dit was nie die fisieke arbeid van uitgooi en regpak nie. Dit was die oplees, die luister na podcasts en die kykery na dokumentêre programme en YouTube-video’s wat omtrent my kop wou laat bars. Tot ek besef het ek is nou besig om toe te voeg tot my ‘brein-clutter’ in ’n poging om die ware, fisieke werk uit te stel.

Nie dat my huis so vol was nie. Ek het immers sowat drie jaar gelede my klerekas, my boeke, my eetkamer en my garage ge-KonMari (Marie Kondo se metode), maar alles het intussen verander. My huis het ook Idees se hoofkantoor geword en alle pakkies, boeke en bokse word hier afgelewer. Ons vergader hier en beplan hier en dit kan nie meer ’n huis wees waar rame ná jare nog teen die mure rondstaan terwyl ek besluit waar hulle moet hang nie. Want ja, vreemd genoeg is rame ’n probleemarea. Rame, boeke (wéér) en tydskrifte. En papiere

Die massas opruim-programme waarna en , albei op Netflix, is net só buite beheer dat dit my laat voel ek hoef eintlik niks te doen nie. Dit was ’n tweede kyk na die dokumentêre program wat my uiteindelik van my stoel af gekry het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron
Idees2 min read
Uitmekaartrek-filodeegtert
Genoeg vir: 8-10 Bereidingstyd: 1 uur Baktyd: 1 uur Oondtemperatuur: 180 ºC ♥ 240 g (250 ml) roomkaas ♥ 50 ml fetakaas (opsioneel) ♥ 10 ml gerasperde lemoenskil ♥ 110 g (125 ml) strooisuiker ♥ 500 g filodeeg ♥ 120 ml gesmelte botter ♥ 375 ml melk ♥ 5
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu

Related