Sous dit... en geniet dit!
Varklies-enpynappelsosaties
Ek maak dié varklies twee keer gaar – eers in ’n geurige kookvloeistof in die pot en dan bedruip met ’n soet sousie oor die kole. Dit neem langer, maar wag totdat jy dit proe!
Genoeg vir 6 Bereidingstyd 1 uur plus afkoeltyd Gaarmaaktyd Sowat 3 uur Oondtemperatuur 180 ºC
Jy benodig
• 1 varklies van 1,2 kg (sonder vel)
• 1 ui, in kwarte gesny
• ’n paar vars lourierblare (opsioneel)
• 1 koppie pynappelsap
• 3 koppies hoender- of groenteaftreksel
• ½ pynappel, in blokkies gesny
• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
VIR DIE BEDRUIPSOUS
• 1 koppie van die varklies se kookvloeistof
• 2 eetlepels heuning
• 1 eetlepel kookolie
• 1 eetlepel sojasous
• 1 teelepel dijonmosterd
• ’n knippie sout
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sny die vleis in vier ewe groot dele en pak dit knus saam met die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days