Gewortel in ’n vallei van oorvloed
Die tierende Suidooster pluk aan my motor die oggend toe ek Kaapstad uitry. Dis ’n vreemde tyd van die jaar vir sulke onweer. Met kneukels wit om die stuurwiel probeer ek die gedruis van die wind met musiek verdryf en my gedagtes dwaal na die paar dae op van Suid-Afrika se voorste wynplase wat voorlê. ’n Bietjie opleeswerk vóór my vertrek vertel dat Robertson ’n eeu gelede danksy ’n ander bron rykdom geniet het.
Die dorp is in 1853 gestig en genoem na ’n NG dominee, ene dr. William Robertson, wie se gemeente ook Swellendam en die omliggende gebiede ingesluit het.
In daardie dae was die inwoners meestal wamakers en bestaansboere, maar ná die Anglo-Boereoorlog het dinge verander: In Europa was dit skielik hoogmode vir vroue om ’n pluimveer in die hoed te dra. Gevolglik het die volstruisbedryf van 1900 tot 1914 ’n ongekende bloeityd beleef, en ’n enkele veer het in Londen tot £5 gehaal – in daardie dae genoeg om vir ’n reis van Kaapstad na die Verenigde Koninkryk te betaal!
Die Robertson-boere het vinnig ryk geword en vir hulle “volstruispaleis”-woonhuise gebou (soos die een wat steeds vandag op die Excelsiorwynplaas is). Maar toe smoor die Eerste Wêreldoorlog die behoefte aan luukshede en die boere moes op iets anders begin fokus – wingerdbou.
Deesdae vorm Robertson deel van Roete 62, glo die langste wynroete ter wêreld, wat van die Kaap tot in Port Elizabeth strek.
Streng gesproke lê Robertson nie óp die R62 nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days