WEER NA AAN MEKAAR
Ek en my man, John*, wou dolgraag kinders hê en het selfs in ’n stadium van vyf kinders gepraat!” sê Michelle*, ’n veertigjarige argitek. “Ongelukkig was daar genetiese komplikasies aan my kant; ek is die draer van uiterste graad hemofilie, wat ’n seuntjie swaar sou aantas. Dit het aanvanklik ons gesinsplanne gerem. Maar nadat ons alle mediese moontlikhede ondersoek het, het ons besluit om natuurlik swanger te raak. Dit het nie gebeur nie. Vyf jaar lank het ons vrugbaarheidsbehandelings, kunsmatige inseminasie, ensovoorts probeer. Die dokters het moed opgegee, en ons het besluit om ons toekoms te herdefinieer. Ons het mekaar mos met of sonder die moontlikheid van kinders gekies. Ek het my werk bedank en my eie praktyk begin. Ons het ons familie laat weet daar sou geen kinders wees nie.
“Twee jaar later, nadat John ’n pos aanvaar het wat hy nooit sou oorweeg het indien ons kinders gehad het nie, was ek spontaan swanger met Phia* (nou 8). Die bevalling was gekompliseerd, maar sy was gesond. Dit was soos ’n droom. Hoewel ek fisiek gesukkel het ná die keiser, het ek moeite gedoen om met my babatjie in my arm te lê of in die sonnetjie te sit en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days