Huisgenoot

MENSE VAN 2019

VAN TRAGEDIE TOT TRIOMF

Die leerders van die Hoërskool Driehoek

Die land is in Februarie tot stilstand geruk toe ’n betonbrug by dié skool in Vanderbijlpark op leerders ineengestort het. Vier leerders – Roydon Olckers (17), Marnus Nel (16), Marlie Currie (13) en Jandré Steyn (13) – is oorlede en 22 ander beseer. Maar die getraumatiseerde skoolgemeenskap het opgestaan uit die tragedie en probeer moedig voortbeur.

Uyinene Mrwetyana

Dié 19-jarige student van die Universiteit van Kaapstad is in Augustus in ’n poskantoor in Claremont verkrag en vermoor, en haar moordenaar, die poskantoorwerker Luyanda Botha, is lewenslank tronk toe gestuur. Uyinene en ander vroue wat in dieselfde tyd vermoor is, het saam die gesigte geword van die groeiende plaaslike protes teen geslagsgeweld.

Gavin Watson

Die Bosasa-grootbaas is in Augustus in ’n motorongeluk naby die O.R. Tambolughawe in Kempton Park dood nadat sy beweerde betrokkenheid by korrupsie aan die lig gekom het tydens sy voormalige werknemer Angelo Agrizzi se getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping. Bosasa het glo omkoopgeld aan staatsamptenare betaal om staatstenders te bekom.

Fiona Viotti

Dié 32-jarige geskiedenis-onderwyser en waterpoloafrigter het in Oktober by die Kaapse spogseunskool

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related