Huisgenoot

’n Slanker Adele

‘Dis nie volhoubaar nie … Vir die liggaam is oorlewing prioriteit’
– DALE PINNOCK

SY HET ’n vietser nuwe lyf, en sy’s blykbaar nie skaam om daarmee te spog nie.

Die sangeres Adele het haar nuwe, slanker lyf die eerste keer in Oktober verlede jaar by Drake se verjaardagpartytjie gewys.

Sy is gewoonlik sku vir die kollig, maar het die afgelope ruk ’n paar keer gesig gewys – eers op ’n Instagramfoto vir ’n Kerspartytjie in die feestyd, toe op ’n strand in Anguilla waar sy in Januarie uitgespan het, en vroeër vandeesmaand opgedollie vir ’n sterbelaaide partytjie ná die Oscars.

Ondanks haar besige werkrooster het die sangeres tyd ingeruim om na haar tuisstad, Londen, terug te keer om ’n paar liedjies by haar goeie vriendin Lara Dockrill se troue te sing.

En volgens die trougaste is haar stem net so indrukwekkend soos altyd.

Die ma van die sewejarige Angelo is toegewyd daaraan om aan haar fiksheid te werk. Sy is onlangs afgeneem toe sy by ’n gim in Los Angeles uitstap – in ’n styfpassende swart uitrusting wat haar slanker lyf beklemtoon het.

Volgens haar eertydse persoonlike afrigter, Camila Goodis, het die 31-jarige sangeres glo die afgelope paar maande danksy ’n kilojoulebeheerde dieet sowat 50 kg afgeskud.

Die Britse kosskrywer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related