Kuier

'N ‘KOORTJIES'-DROOM WORD WAAR

Toe Jonathan Rubain (40) onlangs aankondig dat hy ná vier jaar en 268 episodes die gewilde gospelreeks Koortjies met Jonathan Rubain groet, het aanhangers op sosiale media dadelik begin gons oor sy moontlike troonopvolger.

En dit was sowaar asof almal uit een mond praat: As iemand Jonathan se tekkies kon volstaan, is dit die nimlike, talentvolle sangeres en voormalige RSG-omroeper Elwira Standili (31).

En hulle was in die kol! Elwira neem die leisels oor en voortaan sal die program Koortjies met Elwira Standili heet. En met haar sprankelende geaardheid, positiewe ingesteldheid – en voeg daarby ‘n pragstem van formaat – gaan sy vir seker kykers se ore bekoor. Sy's ‘n klinkklare bewys dat dinamiet in klein pakkies kom.

'SY IS DIE BESTE KEUSE'

Ja-nee. Dié pride en joy van “die WoeWoe” (Worcester) se naam staan in die sterre geskryf. Trouens, met Kuier se laaste onderhoud het Elwira dié dinge oor haarself uitgespreek. Haar groot droom is TV. Dís waar sy wil wees, het sy so ewe vertel. En toe kom die Here vir haar deur . . .

“Hierdie is maar net die begin. Daar is ‘n lied wat ek sing: ‘Ek is nie waar ek wil wees nie, maar ek is ook nie waar ek was nie.’ Ek is geroep vir ‘n tyd soos dié. Ek is beslis waar die Here my wil hê en ek is opgewonde.”

Sy woon vandag nog op die hoenderplaas Rainbow Farms langs die N1, waar haar afgetredeabsolute -fans. Boy-Alexander en Fransina het hul vyf kinders immers nog altyd in die weë van die Here grootgemaak. “Ek het Pinkster grootgeraak, met óns koortjies. Toe die program tydens covid op TV begin, het dit letterlik gevoel jy sit in die kerk, selfs al kon jy nie daai tyd kerk toe gaan nie. Ek het dit gereeld gekyk, selfs al het ons nie daai tyd kykNET & kie gehad nie. Dan kyk ons by my ousus.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related