Aanlyn wemel dit van misdaadsindikate wat enige tyd van oor die wêreld kan toeslaan. Hul gunstelingprooi? “Sagte teikens” – mense wat dalk eensaam, desperaat of goedgelowig is. Die Suid-Afrikaanse bedrogvoorkomingsplatform Yima wys hoe skelms toeslaan, en wat jy kan doen.
1 DIE SIMPATIEKE VRIEND
Hy is skielik jou soulmate en weet presies hoe jy voel, want hy't ook emosionele krisisse. Jou “vriend” gaan gou oor sy probleme begin praat en