Huisgenoot

PASOP VIR DIÉ SLENTERS

SY WOU vir haar kleindogter ’n kar koop, maar toe sy weer sien, is sy duisende rande armer en haar kleindogter sit steeds sonder wiele.

“As jy in Suid-Afrika wil oorleef, moet jy wakker wees,” skryf ’n leser onlangs aan Huisgenoot.

Nadat dié ouma besluit het sy wou die kleindogter “help om ’n karretjie te koop”, is die nodige voorsorg getref om seker te maak die motorhandelaar en die kar bestaan wel en dat die verkoopprys regtig R50 000 is.

Of so het hulle gedink.

Nadat sy R25 000 aanlyn betaal het en verder met die koper wou praat, was dié skielik skoonveld. Die leser se bank kon nie help om die geld terug te kry nie.

“Help ons om die slaggate raak te sien,” vra sy nou. “Vertel ons watter slenters in omloop is.”

Want dié skelmspul is maar een van vele wat mense deesdae onkant vang. Dit kan moeilik wees om skelmstreke betyds uit te ken.

Die rampokkers wat jou wil inloop, is dikwels deel van gesofistikeerde sindikate, verduidelik Manie van Schalkwyk van die organisasie Southern African Fraud Prevention Service (SAFPS).

“Ons algemene raad is as ’n verbruiker die geringste vermoede het iets is ’n skelmstreek, dan ís dit waarskynlik een.”

Huisgenoot het van die algemeenste slenters ondersoek.

‘KYK HIER NA DIE GOEDKOOPSTE KAR OP DIE MARK’

Skelms vertel graag hulle het ’n spotgoedkoop kar te koop. Die vorige eienaar was byvoorbeeld kammakastig ’n ou tannie wat skaars daarmee gery het.

En as jy nie wikkel om dadelik te betaal nie, gaan iemand anders dit voor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related