Wanneer ons ouers oud of siek word, is dit nie in ons aard om hulle na ouetehuise of versorgingsoorde toe te stuur nie.
Ons is geleer om na mekaar om te sien. Tog val daardie verantwoordelikheid soms op nét een kind se skouers.
Vir sommige is dit ‘n liefdestaak wat hulle verrig sonder om daaroor na te dink, maar dit gebeur ook soms omdat die ander kinders nie kans sien daarvoor nie.
Carol Strydom (46) van Pearston in die Oos-Kaap het vir sewe jaar voltyds na haar pa, Lewies, ook bekend as oom Mannetjie, omgesien nadat haar ma, ant Sussie, nie meer kon nie. Voor sy dood laas jaar was hy vir jare bedlêend ná ‘n beroerte en het hy konstante sorg nodig gehad.
“My pa was ‘n yster. Hy't nooit gekla nie, nooit gesê hy's moeg nie,”