Baalhouer met dakkie beskerm rondebale
Die Bale Barrel is ontwerp om rondebale van die grond af te lig terwyl beeste, skape en bokke daaraan vreet, en het ook ’n dakkie om dit teen die reën en son te beskerm.
Fanie en Gerda de Jager besit FJC Staalwerke, tussen Cullinan en Donkerhoek buite Pretoria, wat dié baalhouer vervaardig. Gerda sê die sinkplaatdak help dat die voer langer groen